Jongste aktiwiteit:

Radikaal

Gatvol vir óns welbehae,
oop visier op ons gerig;
genoeg gegee te veel verdra
slaan sy verreikend terug.

Ter wille van ons voortbestaan
buit ons Moederaarde uit
bietjies-bietjies stadigaan
word haar behoud gestuit;

haar skoonheid word afgemaai
haar goedheid uitgedelg
soos die rykmanswêreld om weelde draai,
word die armes deur honger verswelg;

te veel selfsug en gierigheid
oordrewe gejaag na geld
te veel koue hardvogtigheid
oorgenoeg haat en geweld.

In die kern van haar gebroke bestaan
het haar smeekbede lankal verstil,
maar hoor jy hoe haar wekroep inslaan
soos sy haar woede aan die mensdom onthul?




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed