
klip-steen-bok
–
sneeu lê wit op die vlakte
murg-skerende windjie waai
hoog teen die kranse wip hy
van rots na rots lys na skuiling
klippe-tie-klop maak sy pote
op die ysige rots oppervlakte
sy hare soos vetplantjies kroes
sneeu vlokke wat daarin koek
ysing wekkende hoogtes
durf hy aan op pad na rus
veiligheid wink om elke
donker draai en kloof
daar waar wind nie
sy asem kan vries
–
©Teãrlach
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.