vir
Gedigte
sorg vir haar
eenkant, as daar so ‘n kant in die kamer kan wees
sit sy uitgeteer, en skoon verweer soos ‘n geraamte
net so nou en dan lig sy haar kop op van die boek
waaruit sy geduldig deur dik glase probeer lees
stories was nog altyd haar grootste plesier
in stories van liefde en verlorenheid het sy verdiep
pik sy dikwels ‘n traan, wanneer die verhaal trane trek
netnou is dit al weer slapenstyd, of is dit nou eers etenstyd
die dae verloop so vinnig dat sy nie kan tred hou nie
ander mense bestaan vir haar uit die verpleeg personeel
en so een keer per maand, dalk die ouderling of selfs die leraar
wat kom kyk of sy nog lewe –
want sy het haar goedjies aan die kerk bemaak
van kinders en kleinkinders weet sy nooit meer –
hulle het haar lank reeds afgeskryf as oud en oor die muur
net Rebecca, haar agter kleinkind wat soms kom loer
sy studeer mos sielkunde en ander vakke
waarmee sy ander mense wil help
so sal haar lewe sommer op ‘n dag verdwyn
sal sy, stories en al oor die duine weg sweef
sal niemand haar mis of verlang na haar nie
miskien net klein Rebecca wat na haar sal vra
en miskien ‘n paar trane oor haar grootjie
se hartseer bestaan sal afvee
en aangaan met haar lewe
as student
van die lewe
©Teãrlach.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.