
vir
Gedigte
heilig julself
in sonde ontvang en gebore
van kleins af alleen-stryd verlore
die goed in my wil ek doen
met die kwaad wil ek nie versoen
in hierdie wêreld
maar nie van hierdie wêreld
gedagtes draal deur my kop
dikwels wil realiteit my oorwin
valse wêreldse realiteite
oordonderende sosiale media
wat indoktrineer en oor my purgeer
in Hom en deur Hom is alle dinge
kom na My toe, jy wat vermoeid en belas is
by My sal jy vrede vind
verwyder jouself van alle kwaad
stuur weg dié wat jou kwaad wil aandoen
sal my naam geskrywe staan in die boek van die ewige lewe
om myself te heilig is baie moeilik, onmoontlik sonder Sy Gees in my
om heilig te wees, is vir my die besef van totale afhanklikheid
afhanklikheid van die Vader
aanvaarding van Sy Gees in my
©Teãrlach.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.