
Storms van onthou
Die gedagtes kom
soos ‘n flits vloed.
Stormwinde, ongenooid
waai jou hart krom.
Verlange hael neer
die slae van bewustheid.
Vlugtig, ontstem
gemoker keer op keer.
Reën die onthou,
van my en van jou.
© Carla Visser
2 Kommentare
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anria
Baie goed beskryf. Ek hou baie hiervan.