Kom ons hou ‘n makietie-troue
Kom ons hou ‘n makietie-troue
my bruid ek het soveel jare vir jou gewag
gebid vir hierdie spesiale dag
toe jy met die paadjie afstap aan jou pa se sy
was ek verseker dat jy is die vrou vir my
jy hak nou by my in en nou staan ons saam voor God
om vir ewig trou aan mekaar te beloof as huweliksgebod
vandag is ons troudag my lief
jy my grootste hartedief
waar ons aan mekaar trou beloof vandag
jy met jou mooi oë en hemelse lag
ek kyk nou so diep in jou blou oë en ek weet
dat ek die oomblik nooit ooit sal vergeet
gee mekaar die regterhand en jou hande so fyn
ek beloof aan jou my ewige samesyn
ek neem jou as my wettige vrou om lief te hê
as ons saam ja antwoord en so ons lewe in God se hande lê
vandag is ons troudag my lief
jy my grootste hartedief
waar ons aan mekaar trou beloof vandag
jy met jou mooi oë en hemelse lag
met my ring is ‘n teken van my liefde-trou
as die kaptein om ons huwelikskip
die bruid is klaar en gereed
die woelige blommemeisie het die trouringe in haar hande beet
die bruid opgetooi en in spierwit skoonheid gesluier
terwyl die Pa buite vir oulaas met sy sigaret kuier
Bruidegom staan senuweeagtig voor die preekstoel
onmoontlike boetman is soos oudergewoonlik aan die woel
gaste wag al ongeduldig vir die pa en die mooie bruid
onverwags begin stoute Klein Jan ‘n duintjie fluit
die orrelis sit met vingers op die troumars
en die dominee draai die mikrofoon effens dwars
die teken word nou gegee
die deur gaan oop en al die gaste erewag vir haar eerste tree
bruidegom trek sy strikdas reg en glimlag nou breed
ma’s sug van verligting en pa vee vir oulaas af sy sweet
die fotograaf trippel vooruit en die kamera bly kliek
die troumars speel en die bruid en gevolg pragtig soos in ‘n fliek
Pa haal die sluier af, gee haar ‘n soen, gee die bruidegom ‘n handdruk
preek, vra vrae, hul sê ja, die ring insteek, bruid moet teen trane sluk
word man en vrou verklaar en nou jy mag die bruid maar soen
die konfetti gestrooi byna val die bruid van haar hoë hakskoen
vandag is ons troudag liefie
vandag net ons twee s’n alleen
vandag is ons troudag liefie
vandag kry ons ons troudag seën
almal ry nou in gelit na die onthaal
wag buite met sjerrie in die hand en stap in die mooi deftige saal
ou kennisse druk en jare laas gesien en die familie
groet, druk, deel nuus uit en wie’s jy kan want kan mekaar nie mooi onthou nie
die paartjie arriveer en die seremoniemeester
op sy stukke met heildronke, glasies klink met voorgereg bedien en ete later
paartjie sny die troukoek en bruidegom soek en bruid gooi die kousband en ma’s pik ‘n traan
tafel vol geskenke en die bruidspaartjie open die dansbaan
na die gelukwense begin die nuwe meneer en mevrou groet
die wittebrood wag en met blikkies agterna verdwyn hulle toot-toot
©Kopiereg Linda du Plessis 15/11/2017
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.