My hart is [steeds] gebreek
Ek is breekbaar
soos droë blare
[jy weet daai
wat as jy te hard daaraan vat
verbrokkel dit onder jou vingers].
My hart is nie
(en was nog nooit)
regtig heel nie
en die vrede binne my
kan nie die seer daarin stil nie.
Ek weet waarin
die mooi van die wêreld lê
ek sien meer in die sonsopkoms as jy
ek weet ook net ongelukkig
hoe vreeslik die natuur
onder jou menslikheid ly.
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Koekekranka
Beslis 'n werkie wat laat nadink ... Werklik 'n werkie wat my vanoggend nogal vreemd raak. Meskien oor eie selfverwyt oor vernielsug van die natuur?