Asem
Terwyl ek my warm oggendkoffie
tussen my koue hande vashou
staan ek en opstaar
na die mooi oggendmaan
en speel my droom oor jou
weer deur my gedagtes.
Ek was by jou
ek kon jou stem hoor
ek kon jou lag hoor
ek kon aan jou vat
(jy het aan my gevat)
en ek kon langs jou lê
en luister hoe jy asemhaal . . .
Jy weet my lief,
dit was al
wat ek nog altyd wou hê
om net langs jou te lê
en te luister
hoe jy asemhaal.
2 Kommentare
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Koekekranka
Dit is mos 'n kenmerk van ware liefhê: die kleiner onopvallende dingetjies wat emosievol betower. (En ja, sonder asem is daar vereker geen liefde nie...)