Afrikaans is soos rooiwyn
Afrikaans is soos rooiwyn
Afrikaans is soos rooiwyn
wat ons met die plant van sy loot
in vrugbare grond
met sy klimaat wat dit omhels
kunsstowwe voed, water lewe gee
troetel en snoei
bewaar teen peste en plae
elke oomblik troetel
en op die regte tyd pluk
dek vir aansit en hap
maar ook vir jare verouder
om gebottel en in kelkglase
te skink
Afrikaans geplant en gevorm
nuwe lote uit ander tale
spreekaarde geplant
nuwe woorde
versorg, gepraat en getroetel
omhels deur tong en lippe
uniek, spesiaal, eg
denke, praat, fluister
sing, lees, doen, liefhê
pluk ons woorde
dek met letters, woorde, sinne
pargrawe, stories, gedigte
Afrikaans lewe van nou tot die ewigheid
want jy is die een wat sy toekoms vashou
deur jou sal Afrikaans nooit sterwe
so kom ons lig ‘n glasie rooiwyn
op Afrikaans wat altyd sal lewe
© Kopiereg Linda du Plessis 2017
Lewer Kommentaar
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.