
Afrikaans jy is my lied van my hart
Afrikaans jy is my lied van my hart
Afrikaans is die stem van my hart
uitdrukking van my vreugde en van smart
van storms wat in my woed en kalmte wat sag spoel
Afrikaans hou my vas as ek alleen voel
rondomtalie my gedagtes, my woorde, my ink op papier
waar my suiwer woorde die wêreld versier
Afrikaans jy is in die maanlig sonskyn en reën
Afrikaans jy is my troetelkombers wat my omvou
Afrikaans jy is die lied van my hart
Afrikaans jy leer my van lief hê
om in woord en lied en musiek te sê
die kranse gee antwoord as ek saggies fluister
jy die taal waarin ander na my luister
kan deel kan kuier kan sing kan troos kan getuig van my gevoel
hier binne in my hart en wat ek bedoel
Afrikaans jy is in die maanlig sonskyn en reën
Afrikaans jy is my troetelkombers wat my omvou
Afrikaans jy is die lied van my hart
saam met vriende kan ek huil en lag
per lugpos my gevoelens stuur so sag
op Bakkiesblad, Twitter, epos en op my sel
kan ek in glo, vertrou, hoop, verdra wat tel
mengelmoes met liefdeswoorde in Afrikaans vir my naaste
Afrikaans eerste soggens saans die laaste
Afrikaans jy is in die maanlig sonskyn en reën
Afrikaans jy is my troetelkombers wat my toevou
Afrikaans jy is die lied van my hart
Afrikaans jy is in die maanlig sonskyn en reën
Afrikaans jy is my troetelkombers wat my toevou
Afrikaans jy is die lied van my hart
Afrikaans jy is die lied van my hart
©Kopiereg Linda du Plessis 14/11/2017
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Vonnie
Dankie vir nog 'n inskrywing, Linda.