Jongste aktiwiteit:

Eerste Lentereën

Oor die vlaktes storm nuwe lente-donder
wanneer plant en boom hul wintersrus verlaat
buig hul die knie en strek hul arms uit
Almagtig God en Heer, dankie vir U seën in reën

bulderend jaag woedende wolke
bevreesde stofperde voor hulle swepe uit
en die bliksems flitsend geniepsig klap
op die voortvlugtende wind in vlug

wolke storm bolwang met flitsendsweep se donder
terwyl voëls, dier en insek grootoog met vrees
jou magtige dreun en onheilspellend woede inwag
Almagtig God en Heer, dankie vir U seën in reën

wanneer jou kwaad verby spoed
die heilige stilte
en saggies reëndruppels trippel
soos lieflike pêrels plof in droë stof

wanneer boom en blom wortelvoete wals
hul blare behaaglik sprei, van stof verlos
en hul die reëndans in stilte neurie
Almagtig God en Heer, dankie vir U seën in reën




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed