
vir
Gedigte
wie is jy?
rampsalige ou volkie
aan jou het Ek die krag gegee
om nasies aan te vat en te oorwin
vir jou het ek grondgebied oopgebreek
vir jou het Ek geseën meer as almal om jou heen
maar jy het te belangrik geword in jou waan
dat jy alles kon doen sonder My my raad
Ek het jou wese by jou weg geneem
jou gemaak die stert van nasies
jou gestraf met pyn en lyding
jou hart laat krimp in vrees
maar tog sal Ek jou nie verlaat
wees nie bevrees nie wurmpie boertjie
Ek help jou, spreek die Here,
en jou Verlosser is die
Heilige van Israel
©Teárlach.
(n.a.v. Jes.: 41:14)
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.