Rasionaliseer 2
Skeur die groot prentjie
in fyner fragmente
segmenteer, redeneer
kompartementaliseer
reorganiseer denke.
Plak weer kleurloos
die prent bont aan mekaar
waar pyn in gom lê
as lasplek aanvaar.
Ek verstaan nou beter
maar jy mag geskeur
in my skepping pryk.
2 Kommentare
-
Arnold
So het elke mens maar sy eie gekomliseerde lewe, wat ook maar in sy eie kompleksiteit woon.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Puik!!!