Jongste aktiwiteit:

Najaarsblom

Onverwags, tog welkom,
soos die aangesig van ’n najaarsblom,
verskyn jy in die vaal vlaktes
van my saai bestaan.

In my donkerste uur
verlig jy die hoeke van my siel,
soos ’n lui lente dagbreek
die nag van sy duisternis beroof.

Sag soos somerreën,
sypel jy deur die krake van my hart
en breek jy stelselmatig die droogte wat
my drome verniel.

Onverwags, tog welkom
is jy, my najaarsblom.




Ek is maar net 'n kaalvoetkind van Namakwaland, verslaaf aan die reuk van ink op papier en honger vir woorde wat siele versadig, of dit nou uit my pen kom of joune.

10 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed