Jongste aktiwiteit:

Tien Fraaie Meisies

Tien Fraaie Meisies

Kleintyd het ons gesing
daar is tien fraaie meisies en
ek sê vir jou ek het een na
die ander so goed beskou
hulle is fraai om te sien en
ek hou van al tien maar ek
durf nie met tien meisies trou,so
hoe kies ek ‘n lied almal is so fraai!
Ook het ons gesing eenstemmig of koor
Vroeg smôrens as die haantjie kraai
nog voor die daeraad verskyn, dan
volg ‘n paar reëls oor die stilte en
eerbied in die bos want die
liewe Heer gaan deur die woud
die liewe Heer gaan deur die woud—
Vanaf kinderdae tot nou is almal
soos tien fraaie meisies
en kan ek nie kies —

Janetta – Helena [Babs] ©




2 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed