Beurende dennewoud
Jou asem
jou woorde…
my groen vallei
van verweefde dennewoud
Soos ‘n boot in ‘n stil woestyn
wat seil oor ‘n golwende duin
ankerloos gaan lӗ
in die holtes van spoelsand
waar die asem
van die wind
in stiltes
van woorde gaan lӗ
5 Kommentare
-
-
Anze
Pragtig!
-
Arnold
Hier het jy goed geskilder.
-
Vonnie
Palet, baie dankie vir jou en Anze en ander se meer as een inskrywing. . . Soos te verstane, kommentaar ek nie nou op enigeen nie. Maar ja, laat die inskrywings maar kom! Daar is geen beperking op die hoeveelheid nie, behalwe dat dit binne Ink se drie plasings per dag sal bly. Ek hoop hierdie "virus" steek ons ander Inkers so aan om deel te neem, dat dit almal koorsig na hul rekenaar-muise sal laat gryp!
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
neels
Altyd kort en kragtig maar maak groot impak