
Moeder [Heimwee]
Moeder [Heimwee]
Met hartseer snikke gaan ek deur die dag
Goor verlore die wete dat u my Moeder,
Se aardse lewe is nou deel van die verlede…
Maar nuwe deure Mamma, en n nuwe lewe.
Ek kan net nie help om te wonder hoe dit daar
In die hoogs beroemde Hemel kan wees…
Haar stem van erens wat ligvoets dans deur die lug
Saam gestuur die flinder om my hart te versier
Jy mag verlang, jy mag huil of treur , maar nie te lank…
Ek sal jou bybly , nie in vlees, maar in my gees.
Dan weer hard, gebiedend, klop n knop in my keel
Hoe sal ek op aarde sonder Moeder kan voort gaan…
Groot oog glimlag sy vir my vanaf die muur
Ek het haar portret met blomme versier.
Elke keer as ek stap, stap ek verby
net om weer n glimlag van haar te kan kry en
dan knikoog ek vir haar, maar diep binne my
die geveg van eindlose storms, nog n dag verby
Skadu’s daal swaar saam met die storm reen
Ogies dam is in vloed en water oor stroom die walle ,
wat vrylik paaidjies maak , oor bleek wit wange.
Stadig verdwyn die storm- wind wat my in stilte bind.
Haar beeld en stem antwoord sag en se, leer my kind
Ek het n Engelkoor hier, raak geloop
Nou so herinner moeder my aan my klein-tyd
waar ons gesing en orrel gespeel het – Dit was jolyt
Van geduld, liefde en vrolik wees , het sy ons geleer
en so waar, niks is tevergeefs want eendag gaan dit
daar verbo in die beroemde Hemel, weer so wees
Ek sal haar altyd onthou as ons Moeder en die Vrou.
© MarietaCalitz[LadySoul]
3 Kommentare
-
Arnold
Die hartseer en verlange het jy baie emosioneel beskryf.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Ai ek ken hierdie groot gat (en diep verlange!!)wat dit laat as jou Moeder huis toe gaan, jy het dit pragtig verwoord