Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Mariska Smit se profiel

  • Mariska Smit Lid se profiel foto het verander 1 jaar, 12 maande gelede

  • Mariska Smit wrote a new post, Ex Facia 2 jaar gelede

    Jou stil staar
    blou – ontketen
    snak uit asem,
    helder ruite
    opgewasem.
    Fokus skuif
    pupil omskryf
    ‘n dialoog
    in iris taal
    wat jy be-oog.

  • Mariska Smit wrote a new post, Eva 2 jaar gelede

    Geskenk vir jou
    uit jou geneem
    ‘n vrou gebou
    uit eie been
    in vlees geword
    na wens voltooi
    wat hart uitstort
    in appels rooi
    letter meng lip
    tot soet fluister
    ek is jou rib
    verpak in pleister

  • Die gekraakte kruik
    se bars breek oop
    in mis van gebruik
    het olie uitgeloop

    as dik vol trane
    deur skeur se krake
    vermom as blink bane
    in gedane sake

    Het stamp se stukke
    van herhaaldelik se,
    se seer[…]

  • Mariska Smit wrote a new post, Losprys 2 jaar gelede

    Koop my
    lyf met
    jou hart
    en dan
    sal ek
    be-sluit
    of jou
    lyf my
    hart kan
    be-kos-tig