genade (Goud)
elke dag se genade lê geskoot
tussen daeraad en skem’ring
dit loop oor in die nag se omarming
draal heilig en van pretensie ontbloot
die wonder daarvan is té groot
om te begryp of te besing
dit bring ned’rige verwondering
dit is vryspraak van sieledood
tydlose seisoene tree klokslag aan
om die ritme van die heelal
sy genade-gang te laat gaan
God se genade breek geheel en al
elke dag splinternuut aan
met die nodige seën vir een en almal
© Elmarie Nienaber Van Kampen, 2024
Neologisme: geskoot – genestel
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, dankie vir jou bydrae vir Oktober 2024 – Afrikaanse woord projek