kringsmart – (Brons)
kringsmart – (Brons)
met skugter oë pleit geboë lyf
terwyl manslyf meedoënloos ruk
plesier in cul-de-sac vir hom geluk
en krete splete haar onthou invryf
’n vleeslik’ pendulum deur lis gedryf
verguis verkrag geluk in slik gedruk
en lewe in swye dra sy die juk
van jare rein beskore … al was’t slegs vyf
’n dag’s vergeet soos sagte reënvlaag
gebede van ’n ouer in die nag
verlos van kru kolkende kringsmart
in reënboë moet sy glo … behaag
die son se strale op ’n wintersdag
sal wéér skyn … ook in haar eens kinderhart
Voetnota:
nuutskepping : kringsmart – hartseer wat geen einde het nie
©Retha van Deventer, Oktober 2024
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, dankie vir jou bydrae vir Oktober 2024 – Afrikaanse woord projek