Jongste aktiwiteit:

stofpad – (Brons)

stofpad – (Brons)

 

ek wil sito-sito stofpadslenter

tot dwarrelverlang in en om my wyk

waar klapperbos’n aalwyn hemelwaarts reik

passievol pedanterie stil kenter

op bokspoorpaadjies doelgerig flenter

waar botterblom en vygie volkleur pryk

kopkonflik kwyn en tyd vredig aanstryk

word kosmosdenker intelligenter

 

sodat ek innerlike vrede vind

waar sonsondergange my siel omvou

sterre in Karoo-nag betowerend

skitter-soentjies sein aan my … hul veldkind

hier kan ek ekwilibrium behou

hier’s ek nie net ‘n grassaad in die wind

 

Voetnota:

stofpadslenter – grondpaaie verken

dwarrelverlang – verlange wat telkens terugkeer

kopkonflik – innerlike tweestryd

 

©Retha van Deventer, Oktober 2024.




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed