Mynwerkers
In vroeë môrelig
loop ons ń sement pad,
om te skakel
na oorplakke, helmets
safety boots
dan afgesluk te word
in sy slukderm.
Voorkop liggies
ontbloot gesigte in flitse
lawaai verstom,
party verskrik
soos die trein rommel
heen en weer
ń aardse spyskanal.
Vele growe prosesse
ontbloot rots
as goud
eers verskeep toe versteek as
rykmans loopbane
in vêr helder son.
Rykdom geslagte so geoes
op ander se arme
sweet, asem nood
om nou as groei meduim
te dien vir bloekoms
wat oes sukkel in die Transvaal
en eike lane
wat lower groen groei in talle
ougeld lande.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.