Jongste aktiwiteit:

gis oor nis

 

epiek, komedie of tragedie

kom verse uit die klip

van my drome

en gedagtes

word dit

verpak

in nis

van

bundels

waar nog gegis word

oor aanbieding van

skoonheid,

verhewendheid

van jambes, trogee,

daktilus, anapes en spondee

of dit transendeer in gevoel of gewete

of jou poësie, jou narratief,

jou denkprosesse

jou toelaat om

jou hart

te volsing

 

Ó  Tearlach.

 

Jambe – een swak beklemtoonde sillabe gevolg deur ‘n sterk beklemtoonde sillabe (bv. bewaar of gejaag)

trogee – ‘n sterk beklemtoonde sillabe gevolg deur ‘n swak beklemtoonde sillabe (bv. dogter, skaakmat)

daktilus – ‘n sterk beklemtoonde sillabe gevolg deur twee swak beklemtoonde sillabes (bv.moddervet)

anapes – twee swak beklemtoonde sillabe gevolg deur ‘n sterk beklemtoonde (bv. appelkoos, anargie)

spondee – twee betoonde sillabes (bv. spon-dee)




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed