Die onsterflikes
met jou tyd wat uitloop
met my hart so stukkend
hoe kan ek aanhou praat
af en toe probeer lag
“speel” dat ek nog wil leef
dank die Here ons God
jou plegtige belofte
om – weliswaar onsigbaar –
altyd naby my te bly
laat my weer na asem gryp
© Doret Johnstone-Robertson, Februarie 2016
3 Kommentare
-
-
Evelyn van der Merwe
Hierin lê baie dieper "asemhaal" verberg.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
borrels
Pragtig Doret