Jongste aktiwiteit:

Seisoene van jou

Ek wil die sonskyn
en selfs die reënbuie
in jou proe

selfs as die winter
jou omvou
wil ek jou vashou

vroeg oggend
soos die dou
grou in jou oë

verder as dit
wil ek jou gaan haal

in die heelal
van jou siel

daar waar die seisoene
jou vorm
en skaaf

vat my hand
daar

lei my na jou paradys

daar waar die groen
van jou somers meng
met die grys van winter

waar die vier seisoene
van jou lewe
se kleure
mens intrek
en uit spoeg

in die middelpunt
van jou
wil ek wees

selfs al woed die storms
van laat November
in die palm van jou herfs

selfs dan
sal ek die somer gaan haal
vir jou

die omwenteling
vernuwe
gedood
groei
in die heelal van jou siel

daar waar
ek wag tot die dag
wat jy my voel
in die onthou van jou.

Chantelle Holder
19 November 2015
© 2015




Chantelle Holder is op 3 Oktober 1983 in Evander in die Mpumalanga distrik van Suid Afrika gebore. Sy is die tweede oudste van vier kinders. Sy matrikuleer in 2001 in Secunda en is steeds woonagtig in Secunda. Sy het begin skryf in 2004 om terapeutiese redes en het tot dusver baie bevryding en vertroosting ervaar deur woorde. Sedertdien spog sy met so 1300 gedigte en beoog om heelwat publikasies uit te bring in die komende jare. Chantelle skryf steeds, en hoop om ander deur haar woorde, met inspirasie te vul. Sewe (7) gedigte van haar is al gepubliseer deur die Christian Poetry Association, naamlik: The Greatest Gift - "Thank You Father" River of Life - "Vlieg saam my" Watched by an Angel - "Hooggety" Eternal Voice - "Alleenlik deur U" Shalom - "Dit begin by jou" Journey of Faith - "Geseënde ween" Oasis of Life - "My Kind" Asook ñ enkele gedig in ñ GR. 8 Werkboek: Metamorfose Fase 1 Afrikaans (EAT) Werkboek Gr.8 - "Straatkindertjies" Debuut bundel - Somerreën - ñ Ewige September (Oktober 2015) Haar volgende bundel sal in 2016 gepubliseer word, getiteld Somerreën …. Deur die genade van Bo….

6 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed