
traantjies
selfs die see se sagte kus kan nie
jou traantjies heeltemal uitvee
jy arme verstote misbruikte kind
uitwerpsel van ouer-barbarisme
wat het jy gedoen om dit te verdien
verminkte liggaampie in opdrifsels
opdrifsels van die mens se bestaan
watter reg het sulke ouers tot lewe
watter reg het sulke barbare op tyd
om kindertjies te mishandel vermoor
verguisde klein liggaampies verslap
onmenslike barbaarse duiwelsdrek
uit hierdie oeroue misdaad siklus
rys daar helder wit kindersiele op
3 Kommentare
-
Evelyn van der Merwe
Goeie teenstrydigheid saamgevat in jou slot.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
borrels
Goed geskryf ook 'n kind se seerkry