Want jou liefde sê
ek wil my siel
in konfetie snipper
sodat my wees
soos ‘n Lotusblom
statig voor jou
oë ontvou
(om jou elke hartswens
so te vervul)
dan in die koel skadu’s
van jou hart
wil ‘k immergroen
varings plant
sodat ‘n duisende spore
vir jou geluk kan saai –
jou na Vrede laat draai
ja dit wil ek doen
omdat jou liefde sê
ek mag en
ek kan
© Anzé Bezuidenhout
3 Kommentare
-
-

neels claasen
anze op haar beste as dit by die liefde kom
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
borrels
" in die koel skadu’s van jou hart " ... hou baie hiervan