
Arende
Ek wil nog eendag saam met die arende vlieg,
Vergeet van sommer nou en net daar wees,
Alles klein onder my,
Klein en vêr maar steeds nog daar.
Ek wil nog na alles kyk asof vir die eerste keer,
Miskien die laaste keer,
En soos ‘n jong kalf spring en bulk en luister na sy eie bulk se eggo in die vallei,
Totdat die nag kom en ek gaan sit en wag vir die nuwe dag.
Ek wil nog wonder oor goed wat ek nie van weet nie,
Vrae vra oor hoe dit werk,
Vergeet van my foute,
En saam met die arende vlieg in die warm lugstrome bokant die huis.
Ek wil nog gaan kyk waar die dassies wat so in die dag raas bly,
Gaan kyk waar die visse in die strome speel,
Gaan kyk waar die hoender haar eiers gelê het,
En dan net weer wonder waar die arende sonder my rondsweef.
Ek wil wonder of daar ‘n glimlag op jou gesig is,
Wonder of gister nog vandag by jou is,
En wonder of die ribbokke nog op dieselfde randjie staan,
Terwyl die arende in die warm winde swem.
Ek trek maar weer die voordeur toe,
Nie vannaand nie,
Hulle was hier vandag…
In hierdie nag sal ek maar weer moet bly wonder en wag vir hulle aankoms in die dag…
ooOoo
Die arende kom vandag weer oor die kliprand in die sagte hande van die wind kuier,
Hang daar en wag vir iets wat roer,
Duik en sit trots op die songebrande kliprandbank…
En ek wens ek was ook daar.
4 Kommentare
-
-
Evelyn van der Merwe
So reg uit moeder natuur waaroor ek mal is. Goed gepen.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
borrels
Dis 'n mooi gedig Louie. Waak teen 'n komma of punt aan die einde van elke sin.