Jongste aktiwiteit:

Papierbootjie

Ek en jy sit by die tafel
en vou ‘n papier bootjie
kleur hom in met wit en swart seerower kleure
en plak ons eie vlaggie op sy mas.

Ek speel met jou blondekop baba hare
en luister terwyl ma reënjasse uit die gang kas haal
voorsorg vir die belofte van die sonvloedreën
wat die donderweer met wit-flits morse kodes by die venster indra.

Jy dra jou rugsakkie
padkos vir die langpad dam toe
en die papier bootjie
toegemaak in gister se roomys bakkie as droë dok.

Ek fluit en die honde maak die pad skoon dam toe
roomys bakkie en ‘n oorlogsplan
reënjasse by die bank op die stoep aspris vergeet gehang
vandag wen ons teen die aanslae van die wolk se water kanonvuur.

Met ‘n asem hupstoot dryf ons bootjie
en ons glimlag as ons vlaggie op ons bootjie
luid skaterlag as die kloof se rondloopwinde
sy kielie vingers vir ons kom leen.

Ons wen ons wen… totdat die groot kanonvuur om ons bootjie ween
en ons opstap huis toe met ‘n leë roomys bakkie
waar ma met half gemaak kwaai aankyke
twee handdoeke in die plek van die reënjasse laat.




Gebore by die see, verlief geraak op die berge / platteland en woon nou in die Vrystaat saam met my vrou Charmaine en 11 maande dogter Katelyn. Was deel van WOES se eerste bundle uitgawe van 2008 onder my tweede naam Gerhard. Vroeg "afgetreë" en hou myself besig met my "kunswerke". Werk ook deeltyds aan my eerste digbundel. Alle hulp en raad sal goud werd wees ...Ag en dan die legal ding: alle regte word voorbehou op geplaaste werke

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed