Jongste aktiwiteit:

Vir Natalia . . . noudat jy 16 is (enkele gedagtes)

my kind:
die een jaar volg die ander
tyd staan nimmer stil
en sestien’s net ‘n oomblik lank
geen uur is te verspil

onthou –
voëls vlug deur die hemel
daar’s rusplek op die grond
bloeisels vly teen takke
die volmaan tinkan rond

die herfs se son is lou
my kind
die winterwind waai koud
maar elk lente bloei die blomme weer
dis die lewe se behoud

fynbos wil in velde groei
lelies, teen ‘n dam se wal
en ‘n donker bos is net donker
as jy nie jou lig
daarin laat val

drome kan ook vlerke hê
harte word gewen
soos klawers smag na vingers
so soek note . . .
na ‘n stem

en sestien’s net die jare
in ons denke afgetel
maar dis sestien jaar
wat van omgee
en van liefde
kan vertel

© C. Shaw
5 Januarie 2015




Ek skryf grotendeels gedigte vir ontspanning. Ek skryf graag oor die natuur, mense en hul stories en plekke wat ek besoek het. Ek doen dikwels 'n bietjie navorsing oor 'n onderwerp voor ek skryf, want ek geniet dit om te leer. Ek hoop altyd om darem 'n emosie of twee wakker te maak met dit wat te sê het, en dat julle lekker saam sal lees :-)

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed