Jongste aktiwiteit:

Boulevard sonsak

Hoe mooi kan ‘n dag wat oor see en kim verdyn
vir oulaas sy gloed oor ou Tafelberg laat kwyn

daar waar wolke vlies in strepe
van oranje-appelkoos
en die hemel – wat eens blou was –
skakeer tot rooi framboos.

Weer vertoef ek vir ‘n wyle om te kyk
hoe kranse éwig . . . teen die avondkleurspel pryk.

© C. Shaw
21 Augustus 2016




Ek skryf grotendeels gedigte vir ontspanning. Ek skryf graag oor die natuur, mense en hul stories en plekke wat ek besoek het. Ek doen dikwels 'n bietjie navorsing oor 'n onderwerp voor ek skryf, want ek geniet dit om te leer. Ek hoop altyd om darem 'n emosie of twee wakker te maak met dit wat te sê het, en dat julle lekker saam sal lees :-)

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed