Ons Verlangende Harte…
Wanneer verlange met sy hande my hart omvou,
dink ek aan elke goeie kosbare oomblik saam met jou.
Dan voel ek so nader –
tog so nader aan jou hart!
Voel ek hoe elke goeie herrinering binne my vergader,
bly die pad na jou toe, die enigste een wat ek oor en oor sal vat.
Gee jy my soveel liefde-
selfs al is jou vlees nie hier.
Weet ek jy verlang ook na my,
dan wonder ek maar net by myself,
waaraan dink jy?
Waaraan hou jy vas as verlange te veel raak,
wanneer verlange jou hart se deur kraak?
Jy maak my kraak weer heel,
wanneer ek jou weer sien, druk, soen,
dit is nooit vir my te veel,
ek wil nog so baie saam met jou doen.
Wanneer verlange jou hart omvou,
moet jy weet ek is onsettend lief vir jou.
Dink aan my-
maak dit jou dalk net van verlange vry.
Sal jyook baie nader voel,
dink aan al ons goeie tye saam,
dan sal jy ook verstaan wat ek bedoel!
©Kopiereg – Timothy De Vos Botha – Alle Regte Voorbehou …
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.