Ek hou vas, ek Belowe!
Ek wens ek kon jou vashou
Ek wens jy was nog hier
Ek wens ek kon verstaan
hoekom jy weg moes gaan.
Ek mis jou soos die blare
na reën druppels op hul verlang
en die alleenheid in my siel
maak my eintlik bang.
Daar is hande in die gat
die gat diep in my hart.
Grypend na my hoop –
my redes raak al minder
om aan te hou met wegloop
van die glipperige trane
wat my na die gat toe lei …
ek is bang ek gaan nog eendag
my hande los sodat ek gly.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.