vir
Gedigte
laterale denke
om uit my geykte lewe te ontsnap
het ek hier langs die see kom aftree
hier moes ek ontsnap van berge om my
my siel moes hier vlerke kry en begin sweef
oor die branders van die Atlantiese oseaan
soms saam met die Suid-Ooster – soms daarteen
hier het ek geleer om aan te pas by ‘n stadiger tempo
my linker- en regter brein lobbe kon hier egaliseer
hier kon ek in stilte al die faktore in my lewe beskou
meer objektief staan teen al die negatiewe
duideliker oplossings vind vir probleme
probleme wat voorheen toe gesweis
selfs onoplosbaar vertoon het
midde in ‘n grenslose
stryd van haat, spoed en nyd
©Teãrlach.
(As ‘n knoop in ‘n 5-voetlange tou 5-minute neem om los te kry, hoe lank gaan dit neem om ‘n knoop in ‘n 10-voetlange tou los te maak? Ook 5 minute (die lengte van die tou het gewoonlik niks met die ingewikkeldheid van die knoop te make nie).)
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.