Jongste aktiwiteit:

Ons harte altyd bymekaar..

Sien ek weer jou glimlag,
wanneer die son in die oggend opkom.
As hy vir my loer,
daar doer anderkant die horison,
sien ek ook jou oogknik,
mooier as die heel mooiste blom.

Mis ek jou soos die sekondes van elke dag verby gaan,
al het ek aanbeweeg met liefde so na aan my hart.
Sal die liefde ook vir altyd by my staan,
maar ek kan steeds voel hoe jy soms nog aan my siel kom krap.
Weet ek die tye saam met jou is nooit vergete,
die herrineringe so mooi,
vir altyd in ons harte in graveer,
moes ons ook saam, die hardheid van die lewe loop leer.

Selfs van die onregverdigheid in die lewe het ons ervaar,
maar ons het dit gemaak,
want ons was vir mekaar altyd daar,
het jy dit geheel elke keer, elke kraak.
Sien ek weer jou glimlag,
vanaand wanneer ek na die sonsak staar,
weet ek in my hart, bly ons harte altyd bymekaar.

©Kopiereg – Timothy De Vos Botha – Alle Regte Voorbehou.




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed