Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: My hart, in jou hande, vir altyd!

Deur Timothy Timmie De Vos Botha
Datum gepubliseer: 27 Augustus 2016 Aantal woorde: 163 1070 Kere gelees 9

Ek plaas daagliks my hart in jou hande,
dra hom saam met jou waarheen jy okal gaan,
pas hom mooi op, want hy is broos,
hou styf aan my liefde vir jou vas wat nooit sal vergaan.

Ja, die verlange maak baie seer,
maar jy maak my elke oggend weer wil probeer.
Ek het jou so bitter baie lief,
daar is nie genoeg woorde om dit te beskryf.
Want elke keer as jy van my af moet weggaan,
voel dit of die wêreld om my wil vergaan.

En waarheen die pad jou okal heen mag vat,
vertrou ek jou, want jou hande is om my hart.
As ons paaidjies skei nog voor ons ontmoet,
sal ek vir jou in jou drome moet groet,
met ‘n piksoentjie op jou wang,
want ek weet jy sal daarvan hou,
en ‘n kielie klap op jou regter boud,
want ek is geleer,
as is verbrande hout.

©Kopiereg – Timothy De Vos Botha – Alle Regte Voorbehou




TEMAS

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 117
Kommentaar telling: 46

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Gebruikers Aanlyn

1 Lid, 149 gaste aanlyn

Bydraes – Argief