Jongste aktiwiteit:

Tyd

Tyd

Tyd
domineer
ons hele lewe lewe
van begin tot die einde—
Van konsepsie tot geboorte
verloop ‘n vasgestelde tyd
en dan begin die horlosie tik
wat nooit weer ophou om
jou lewe te dikteer nie totdat
die veer afgeloop het tot by
die laaste flou tik en stilstand—
Niks kom tereg sonder tyd nie,
dis ‘n integrale verweefde deel
van alles wat bestaan en die lewe
se onsigbare horlosie—

Janetta – Helena [Babs]©




2 Kommentare

  • Vonnie

    Janetta, jy vat die verloop van tyd in die lewensirkel van ons as nietige mensies so mooi vas. En dit is so baie baie waar. Mag ons die tyd uitkoop deur 'n verskil in die lewe te maak, want ons gaan maar net eenmaal op ons lewenspad wat vir ons uitgeplavei is, verby. Baie dankie vir die deel.

    • Janetta-Helena Boonzaaier

      Vonnie so baie dankie vir jou kommentaar ek waardeer dit regtig baie! Ons moes 'n paar gedigte oor tyd skrywe, en dit het 'n mens nogal aan die dink gesit, want hierdie breukdeel in die tyd is so oneindig belangrik en bepaal ons plek in die ewigheid. Baie dankie vir jou positiewe kommentaar!

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed