Jongste aktiwiteit:

Liefie, Liefie, Liefie Aller Liefieling.

Liefie, liefie, liefie aller liefieling,
jy laat my hart elke dag opnuut,
vinniger as vinnig bokspring,
vir altyd al my liefde uit my hartjie gegiet.
Net vir jou,
sal ek sandkastele bou,
want ek hoef nie eers te vra,
dan is jy sonder ophou daar om my te dra.

Dankie vir die jare,
dit mag dalk al nie baie wees,
maar ons is al so baie deur,
en ek sal dit nie saam met iemand anders wou beleef,
dankie dat jy my foute, onophoudend vergeet,
Lief, liefie, aller liefsteling,
ek het jou meer lief as wat jy ooit kan besef.

Ek wil jou net graag vanaand laat weet,
al is jy nie nou hier,
en so werk so baie weg van die huis,
is dit vir my ‘n plesier,
om baie na jou te verlang,
ek is bereid, ek dra met liefde daai kruis.

Liefie, liefie, liefie aller liefieling,
jy’s ,myne tot die einde, want jy was daar in die begin.
Toe ek nie meer in liefde kon glo,
het jy my weer gemaak vertrou,
en tot die einde is ek lief vir jou,
en al is ons dae soms blou,
sal ek dit saam met niemand anders wil hou.
Liefie, liefie, liefie aller liefieling,
jy laat my hart elke dag opnuut,
vinniger as vinnig bokspring,
vir altyd al my liefde uit my hartjie gegiet.

©Kopiereg – Timothy De Vos Botha – Alle Regte Voorbehou




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed