Jongste aktiwiteit:

Uit blinker

Selfs ‘n ster
moet kan sê
dat sy moeg is om te skyn ~
dat sy soms net wil verdwyn
in die donker.

Selfs die maan
moet verklaar
sy’t als gedoen
sy was al daar.
Ja, selfs die maan
moet hierdie waarheid
openbaar.

En selfs die son
moet erken
sy wéns die einde
was in sig.
Maar nou is dit haar plig
om ~ ter wille van die aarde
en die koring en die mielies
en die wingerd op die land ~
vir nog miljoene jaar
te brand.

. . . wáár sal haar rus vandaan kom?

© C. Shaw
25 Augustus 2016




Ek skryf grotendeels gedigte vir ontspanning. Ek skryf graag oor die natuur, mense en hul stories en plekke wat ek besoek het. Ek doen dikwels 'n bietjie navorsing oor 'n onderwerp voor ek skryf, want ek geniet dit om te leer. Ek hoop altyd om darem 'n emosie of twee wakker te maak met dit wat te sê het, en dat julle lekker saam sal lees :-)

8 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed