Jongste aktiwiteit:

Besope

uit wingerdstok getap
die sap van sy ondergang
vloei soos fluveel deur sy are
tot kop en hart bedaar
vloei soos lawa oor die aarde
waar die mense van sy hart
vlug vir veiligheid
vir hulself
vir hom
uit die ryp ronde vrug
sy wysheid en insig
oorvloed sy rede, sy integriteit
versuip hy als en almal
wat hy my lewe noem




Ek is maar net 'n kaalvoetkind van Namakwaland, verslaaf aan die reuk van ink op papier en honger vir woorde wat siele versadig, of dit nou uit my pen kom of joune.

1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed