Vrywillig vergiftig Goud November projek
ek drink jou son deur ‘n fynstrooitjie,
stadig versadig ek my
aan die soetwarm kleur
ek verloor my in die ritme
en die pols van jou stilte
waar sonbesiekore
die dag begroet
die Bosveld is ‘n swartmamba,
sy gif verdoof die stad in jou,
en wanneer die volmaan
jou ‘n sopie skink,
sal jy gewillig in sy sap verdrink
Amanda DM
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, dankie vir jou bydrae vir November 2024 – OOP projek