Jongste aktiwiteit:

Donsveertjies

half gevormde engeltjies
sweef deur my gedagtes vandag
soveel wat maar net donsveertjies het
tog glo ek, daarbo is hulle almal perfek
hulle begin was nog nie eers op kalender gemerk
om tot jare te kon strek nie,
want op aarde
is hul wieg met gruis bedek

gesiggies net op sonar geêts
word vir mammas ‘n kwes
van wat sou … moes … kon wees,
maar al wat oor is, is ‘n holte in haar vlees

om nie te dink aan die leemte in haar gees
en haar siel wat verstil bedees
in hierdie oomblik bly raaisels draai
hopelik sal spieëls eendag redes verraai




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed