Jongste aktiwiteit:

Reis na binne

my oë blouer blou in hul soeke na self
met elke verbygaande dag ervaar ek dit meer intens
want ek vind my nie meer in die wind se waai nie
nes sonstrale as ek in skaduwee staan het sons’ hitte op my vel verslaan
die gange van my gedagtes eggo slegs die stiltes waar my binnestem voorheen opgeduik het
en snags in droomland kantel my skip heen en weer in ontstuimige waters
vanwaar geen siel ooit terugkeer

steeds breek golwe vars genade tydens elke oggendstond opnuut
oor laasnag se wrakstukke wat soos lyke verstrooid en verspreid lê
tussen swart rotse wat uit die seesand tand
en op die breeklyn van my droom strand pik onsigbare seemeeue
aan elke krieseltjie van my siels vlees

verlange krap langtoon tussen rou se oopgekraakte doppe
so half vies omdat dit roer
aan iets wat reeds begin ontbind
iets wat klaar rus gevind het
in ‘n dimensie van onmeetbare vrede
en realiteit oordonder rede
as ek in elke more altyd deur grouend
na ‘n beter ek beter bly strewe




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed