
Verpelgrimde Eksodikus
Verpelgrimde Eksodikus
aanvang met Avond
brood en wyn gebreek
beker en bord leeg
volbring aan die kruis
nanag stryd ter helle
hartseer afwagting
hanekraai oorwinning
dagbreek van opstanding
verpelgrimde op reis
eksodikus vanuit die dood…
©️Bonita van der Berg
Verpelgrimde:
Iemand wat verlossing deur dankbare nederigheid bekom het deur introspeksie
Eksodikus:
Persoon wat ń uittog vanuit die “self” beleef
2 Kommentare
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die April 2021 - Oordenkingsprojek