Hy is Boet
Hy is Boet
Sou jy na hom kyk, weet jy hierdie man is deel van God se koninkryk.
Grootgeword op ‘n plaas naby die maroelaboom.
Swaar het hy al gekry, maar sy God het hy nog nooit vermy.
Oudhede en die Dorslandtrek het hy ‘n groot liefde voor.
Sy vrou van agt-en-veertig jaar is hierdie reus se bestaan. Sou hy na haar kyk, kan jy ware liefde sien straal.
‘n Hand wat gee, ‘n mond wat seën – leer ken jy hierdie seun van God.
Vir jare is hy al ‘n pastoor, lei baie gemeentes tot by God.
Al is sy dogter nou wêreldberoemd, en sy vaderhart wil skeur van trots, bly sy geloof sy grootste rots.
© Ryno du Plessis 2026
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.