draai die krane oop
draai die krane oop
geskryf deur Dale Penderis ©
moeg moeër moegste
die trappe van my gemoed
as ek nou my sin kon kry
sou ek die dag finaal wou groet
ek versmoor in my trane
dit loop soos vol-oop krane
die lewe soms net te veel
maar nou kan ek dit deel
deur te skryf wat ek voel
want als is uit my hart bedoel
dan kom kniel ek by die Heer
voor Hóm kan ek my hart uitkeer
en gou gou is als weer beter
want Hý is ons beterweter…
en môre … sál die son weer skyn
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.