seize the day
seize the day
geskryf deur Dale Penderis ©
kom ek stiek jou vir ʼn roomys
toe! … net die twee van ons
dan bedek ons dit met chocolatetjies en daai goed wat opi tong rondbons
en daarby ook ʼn flake gedip
met sprinkles bont getooi
en two tone sousies wat so drip
kan ons ook daaroor gooi
ag toe nou tog! trek aan jou rok
dat ons die pad kan vat
dan gaan stap ons opi see se sand en maak ons voete nat
kom tog nou! wees net één keer weer jonk
jy sê dan altyd die lewe voel soos ʼn tronk
laat ek jou dan vandag surprise:
die lewe is wat óns daarvan maak
vanaf die son se sak … to every smiling sunrise
so, staan nou op en kom saam met my
sodat jy ʼn bietjie vitamien see kan kry
kom, kom om ons gaan groet die dag
want die sonnetjie gaan nie vir ons twee wag
ai meraai … jy wou toe nie
nou sit ek alleen met my roomysie
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.