a free getaway
a free getaway
geskryf deur Dale Penderis ©
kleurryke klere op die wasgoeddraad
tussen klein kleihuisies
in langkloofstraat
oorkant die rivier
langs die mielieland geplant
dis waar my tuiste is
hier het my hart gestrand
spierwit stapelwolke deur die wind meegevoer
my hart sing ʼn lied
en die duiwe koer
hier is ek vry
tussen besem en bos
en druiwe wat groei
aan ʼn groen druiwetros
o waar is die plek tussen groen-goud en lower
dis hier in my kop
waar ek dit optower
‘n gratis wegbreek
‘n vakansie vir een
dit kos my veel minder
as ʼn arm en ʼn been
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.