Jongste aktiwiteit:

Ontluikende passie vir jou

Ontluikende passie vir jou

In ʼn dwaaltuin vasgevang deur skaduwees wat my teister, my magteloos laat teen die verlange van jou lyf
smagtend na jou gordels van veiligheid, gordels wat my omvou met bollende heuwels, en are stromend vol bloed
elke gordel se end palm met vyf vertakkings wat in my hare verstrengel soos my kop jou bo lyn vind
elektrisiteit vloei uit jou vertakkings, deurdring my siel soos elke punt passievol hulself beklemtoon
ons neem mekaar in met suiwerheid sodat die asemteug wat volg berusting bring saam die wete dat ons net mekaar nodig het

Stomend swik ek soos jou groen grys vensters my wese deurboor
vol lippe kwes my nek sag opwaarts tot waar jou wapen myne se skuiling infiltreer
aanlokkend, tergend om die geheim van my passie te bevestig
volheid van albei se bron van lewe laat die vlinders wapper diep in my binneste
die verbintenis tussen ons is stomend
jou bron van lewe trek weg van myne, jou vensters vind myne
ʼn glimlag speel in die hoeke soos jy vir my fluister,
“Ek is lief vir jou.”
verwyder die spasie tussen ons
skilder dit in met kleure van die ruimte waarheen jy my vervoer
jy laat my woordeloos, ʼn dweper vir jou menswees
besieling vir al die woorde wat in my kop rond jaag
die ekspressie van wat ek in jou gevind het speel daagliks op my gesig af

In die nagtelike ure staar my siel na jou
die lyne van jou lyf beleef ek sonder enige aanraking
my veilige vesting die verswering van talle emosies
ek fluister soos jy droomland binnedring
“Ek is lief vir jou my alles.”
gordyne val oor my vensters en in ʼn oomblik van waansin vind ons mekaar in droomland
ons vertakkings verweef soos jy weereens my passie ontluikend vind

© Letitia Sachse-Mienie




3 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • Colin het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Christa D het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Tearlach het ‘n nuwe publikasie gemaak