Jongste aktiwiteit:

Karolina se swart pot

Karolina se swart pot

Sy was bekend as die vrou van die bos. Party het na haar verwys as gemors.

Ou gelapte rok, ‘n kappie wat dalk uit die oorlogstyd uit kom.

Sy het geleef in ‘n swart kleisteenhuis teen die rivier.

Kinders het geglo sy is ‘n heks. Lang toutjies hare en ‘n skerp neus; dit kan seker maar ‘n kind se verbeelding wees.

Sy het gekook en gebak in haar een swart pot. ‘n Rokie het altyd gedraai daar by haar plot.

Min het ons geweet, sy was eintlik eerste hier. Die oorlog het haar gesin geneem.

Sy is vandag al oud genoeg vir ‘n museum.

Daardie swart pot was ‘n geskenk van haar man, kort voor hul eerste kind, Leen.

Sy praat nooit, asof die wêreld om haar nie meer bestaan nie.

Die dorp se storievertellers kan ná al die jare die vrou se stilswye nie verstaan nie.

© Ryno du Plessis 2026




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed